
Vlerkfees 1 Augustus 2026
Op 1 Augustus 2026, vlieg ons hoog met die Tweede Vlerkfees Extravaganza, in Zeerust.
’n Afrikaanse musiekfees vir die hele gesin. Daar sal verskaffers, lekker kos en winterdrankies wees om jou smaakknoppies te bederf. MTB- en hardloopgeleenthede maak die ervaring sommer nog beter. Akkommodasie vir mense met 'n beperkte begroting is op die perseel beskikbaar slegs vir Vrydag- en Saterdagnag.
Kinders onder 13 - R0 Entry Fee. Hekke maak oop 07h00. Vlerkfees begin 11h00
Slegs kaart transaksies op die dag – Geen kontant fasiliteite beskikbaar nie.
Verbode Items:
- Alkohol
- Koeldrank
- Kos
- Sambrele en Gazebos
- Wapens van enige aard
- Sirenes van enige aard
Toegelate Items:
- Kamp stoele
- Hoede en sonskerm
- Piekniek komberse
Vlerkfees en verwante of geaffilieerde entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verliese, ongerief of skade wat op enige wyse gely of ervaar word, as gevolg van enige aktiwiteite wat met Vlerkfees 2026 verband hou, nie. Kaartjie-aankope en bywoning is heeltemal op eie risiko.


