Skip header
Stroper Resies 2026
Grootpan Studiegroep
Stroper Resies 2026

Stroper Resies 2026

06/05/2026
Fri 8:00 AM

(opens in a new tab)(opens in a new tab)Die legendariese Grootpan Stroper Resies is 'n opwindende gebeurtenis, enig in sy soort!!

‘n Absolute belewenis!!

5 Junie 2026 maak ons weer so en ons gaan groot!!!

Van ons land se Top Stoper Fabrikate: John Deere, New Holland, Case, Massey Ferguson, Fendt en Claas stroop resies teen mekaar en die stophorlosie; en jy kry geleentheid om saam met ander op ‘n laaiwa te klim wat reg langs die stropers ry en te deel in die opwinding.

Die atmosfeer is ongelooflik terwyl die mielies spat en almal duime vashou vir hulle gunsteling stoper.

Die Grootpan Stroper Resies is ook 'n gulde geleentheid vir boere, hul gesinne en besighede in Landbou, om saam te kom, praktiese demonstrasies van landbou-implemente te geniet en 'n opwindende stryd tussen die stroper fabrikate te kan beleef.

Verken die nuutste tegnologie en innovasies in landbou terwyl jy 'n prettige dag saam met vriende, mede-boere en geliefdes deurbring.

Daar is ook lewendige musiek deur van ons land se beste kunstenaars, 'n kroeg van formaat, kinder speelpark, heerlike kos en vermaaklikheids stalletjies wat alle ouderdomme sal trakteer.

NEEM KENNIS:

Stroper Resies 2026 maak hierdie keer seker dat almal wat van heinde en vêrre kom nie net ‘n onvergeetlike tyd gaan hê nie, maar ook ‘n veilige lê-plek binne loopafstand van die verrigtinge.

’n Tent-kamp op Grootpan:

  • 3m x 3m Tent
  • 2 Stretcher beddens en 2 matrasse
  • 2 Paslakens
  • 2 Duvets
  • 2 Kussings
  • 2 Stoele
  • Vloermat
  • Sytafel en 1 battery aangedrewe lig
  • Grondplaat
  • Storte en toilette op die perseël
  • R1600 per nag - twee persone
  • R2000 x 2 nagte (Twee persone) + Twee toegangskaartjies ingesluit.

Kom geniet ‘n vinnige wegbreek in die vars plaas-lug terwyl jy kuier saam met vriende en landbougenote om die vuur totdat die hane kraai.

Moenie hierdie wonderlike dag van pret, leer, opwinding, samesyn en die viering van boerdery misloop nie!

Bespreek nou op Open Tickets

Enige navrae: Wiana 072 667 0718

Ligging van Stroper Resies: https://maps.app.goo.gl/VUEufMrRDc966YMx5?g_st=iw (opens in a new tab)(opens in a new tab)

(opens in a new tab)

Stroper Resies 2026
Du Preez Landgoed, Grootpan NW
06/05/2026
Fri 8:00 AM

Other events of Grootpan Studiegroep